Wysdiman
Wysdiman is 'n 4-tal Afrikaanse Rock groep
van Johannesburg wat sedert 2005 die verhoë in en om
Johannesburg en Pretoria aan die brand speel.
Met BruceBleed as 'n energieke frontman, PoisonPiet met sy
unieke klank op kitaar, Dewald van der Wel op 'n besige bass
en Earl Devereux-Quicke op vinnige dromme doen Wysdiman rock
'n roll in die taal wat nie tans daarbuite gehoor word nie.
|