Leandie Lombaard

Daar is ‘n nuwe, baie blink ster in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Ontmoet Leandie Lombaard - ‘n pragtige jong dame wat in Julie 1993 in Roodepoort gebore is. Sy het nou haar tweede CD, Wees net ... vrygestel.

Agtergrond
Op 12 j ouderdom het sy ‘n CD, As jy aan eendag glo, uitgebring, maar as gevolg van onkundige raad het dit nie die hoogtes bereik wat sy reeds op daardie jong ouderdom verdien het nie.

Leandie het egter die daaropvolgende drie jaar gebruik om haar talent te slyp, die industrie te leer ken en die resultaat is duidelik in Wees net ... te bespeur.

Die borrelende 17 jarige se liefde vir musiek kom reeds van ‘n jong ouderdom toe sy gereeld met ‘n borsel as kamma-mikrofoon gesing het. Haar Ouma het gesorg dat haar talentvolle kleinkind soveel as moontlik liedjies leer en toe sy as pikkie saam met haar Oupa Stille Nag in die kerk gesing het, was daar nie ‘n droë oog in die banke nie ...
Die ster wat toe reeds begin skyn het, het net al sterker begin flonker.
Met elke geleentheid het Leandie gesorg dat sy haar passie uitleef. Nie skrikkerig vir kompetisie nie, het sy aan elke kunswedstryd of Eistedfodd deelgeneem en telkelmale top punte behaal. Haar prestasies was van so ‘n aard dat sy by ‘n uitsoek-talentkompetisie gevra is om as gaskunstenaar op te tree.
By die skool het sy in die koor gesing en aan Revues deelgeneem.

Aan die tuisfront
Leandie verstaan dat die pad na sukses met harde werk geplavei is. Sy doen al meer en meer openbare optredes waar al hoe meer mense begin notisie neem van die nuwe sangsensasie. Dan is daar haar gereelde optredes by die ATKV oorde haar skool program vir skole wat ‘n reuse sukses is en optredes by verskillende feeste wat insluit KKNK , Aardklop , Volsbladkunstefees en vele ander.

Te oordeel aan die welluidende toejuiging wat sy reeds gekry het by voorskoue wat sy reeds al gedoen het vir Bobby van Jaarsveld , Eden en Die Campbells, Ray Dylan en Freda Francis is dit ‘n uitgemaakte saak dat sy die nuwe liefling van die industrie gaan word.

Leandie tree ook graag op tydens Gospel optredes en Kers program funksies en bied ‘n wye verskeidenheid Geestelike liedere aan haar gehoor.

Leandie het oor die 40 suksesvolle optredes gehad vir 2009.

Internasionaal
Haar internasionale debuut het gekom toe sy deur middel van Roy van der Merwe ( die President van Eurovission res van die wereld ) die geleentheid gekry het om Eurovision (OGAE) te verteenwoordig. Hierdie groot geleentheid het daartoe gelei dat haar CD Wees net ...na Serwië is om haar CD daar te bemark asook na ande 50 Europese lande.

Daarbenewens is Leandie een van 18 kunstenaars wat op ‘n 2008 Eurovision kompilasie CD ingesluit is met haar lied Wees net ...

Leandie se CD Wees net ... word reeds in Spanje, Portugal, Malta en Swede bemark waar hulle gek is oor die beeldskone superster. Leandie was genomineer vir Eurovision se Euro Star 2008 en het 3de gekom uit 20 deelnemers in die kategorie Beste vroulike Afrikaanse kunstenaar vir haar lied MIXIT

Leandie is genomineer vir 3 kategorie vir die Eurovision Star toekennings vir 2009 vir haar liedjies Wees net , Karjoedel en Mix it wat in Februarie 2010 sal plaas vind.

Wat maak haar sterk?
Haar ouers, Johan en Sonja, asook haar jonger broer Zander, is ‘n konstante bron van ondersteuning en inspirasie. Leandie het ook ‘n Besprekings en Bemarkings Agent wat in haar glo, en dit maak alles die moeite werd. Elkeen is op ‘n unieke wyse betrokke by verskeie aspekte van haar optredes. Agter die verhoog en in haar daaglikse lewe is hulle onmisbaar – maar wanneer Leandie op die verhoog stap is sy net op haarself – en God – aangewese.
“My geloof is baie belangrik vir my.

Toekomsdrome
Leandie droom groot.“Ek wil die mees suksesvolle superster in Suid-Afrika wees.”
Sonder enige pretensie is sy eerlik oor haar doelwitte.
“Ek glo in positiewe rolmodelle. Daar is wonderlike mense wat met integriteit en harde werk die hoogste sport bereik het. Plaaslik is daar Juanita du Plessis met wie ek bitter graag ‘n verhoog wil deel. Ek bewonder die feit dat sy ‘n gesinsmens is, haar geloof is sterk en sy werk baie hard om te wees waar sy is. Internasionaal het ek groot waardering vir Hilary Duff en Miley Cyrus wat op ‘n jong ouderdom reeds soveel bereik het. Dit kán gedoen word.”

Leandie sluit aan by Brettian Production en sy gaan begin opneem aan ‘n nuwe CD einde Februarie 2010.

Telephone: 0828556096
Fax: 0828556096

Date of Birth: 22/07
Place of Birth: Roodepoort

Philosophy: GLO!
Likes: SING & SING
Dislikes: Study

 



Advertise With Us

e-mail us