Joe
F
Vir Joe F van Pretoria, gaan sy optredes
oor die gehoor - nie die kunstige ego nie.
"In my show speel ek nie net my eie musiek nie, en speel
ek ook nie net Afrikaans nie," sê die talentvolle
musikant. "Ek meng dit alles saam om 'n uitstekende show
te bied. En juis daaroor koop mense die CD en wanneer hulle
my weer sien, vra hulle vir my liedjies "
"Ek doen musiek in Afrikaans, wat nie noodwendig dieselfde
beteken as Afrikaanse musiek nie," verduidelik hy met
'n stout glimlag in sy oë. "Die Afrikaanse mark
is só versadig en ek wil dinge 'n bietjie anders aanpak.
Ek is ook nie maar net nog 'n ou met 'n kitaar nie - daar's
genoeg van hulle! Maar ons is ook nie heeltemal 'n groep nie.
Joe F is al 'n paar keer om die blok. Ná skool het
hy vier diplomas verwerf by 'n private kollege: in koordirigensie,
klankingenieurswese, uitvoerende kuns en onderwys. Daarna
het hy aangesluit by die groep Love You So.
"Dit was pret," sê hy. "Ons het vir
drie maande met Steve Hofmeyr getoer en ek het sommer baie
geleer deur hom in aksie te sien. En natuurlik met daai lang
gesprekke in die bus! Steve het my geleer hoe om 'n show aanmekaar
te slaan, en ook vir my die beste raad van my loopbaan gegee:
Hou net aan skryf. Eendag sal jy 'n treffer hê."
Joe is ook 'n bekwame liedjieskrywer, en dis juis hier waar
sy ware ambisie lê: "Ek het liedjies vir die groep
geskryf. Een is toe ook opgeneem deur die Alabama-groep van
die Potchefstroomse Universiteit. Ek kry vandag nog tantieme
daarvoor!" Joe skryf ook vir ander kunstenaars soos Rudi
Muller en Pieter Koen se skud jou biscuit.
"Maar so paar jaar gelede het ek besluit ek is moeg
daarvoor om soos Abba te lyk, en het op my eie gegaan en die
laaste paar sente wat ek gehad het gebruik vir die opname
van 'n CD. Vir die eerste jaar het ek alleen gesing, maar
dit het eenvoudig net te veel geraak. Toe kry ek 'n kitaarspeler
aan boord om dinge 'n bietjie op te kikker en nou het ek die
band wat my ondersteun.
Deesdae is Joe F al amper oral in Suid-Afrika te sien. "Ons
speel by klubs en kroeë dan is daar nog die feeste en
karnavalle. Ons speel sommer oral. Ek dink nie daar's iemand
daar buite wat regtig kan sê hy's te belangrik vir 'n
show nie."
Met n naam so opvallend soos sy lirieke, is Joe F alweer
besig om musiek te maak wat Suid-Afrikaners gaande het. Hierdie
keer gee hy woema aan die rock-wêreld met sy splinternuwe
album, Rock My Wêreld, en die treffersnitte Hoe Voel
Jy Oor My?, Goeienaand Majoor en Verdrink. Met die naam wat
gehore leer ken en voor lief geraak het, is
Joe F reeds twee stappe voor die kompetisie met sy nuutste
album.
Getoë in Pretoria, Joe F is n gevestigde en welbekende
Suid-Afrikaanse kunstenaar. Sy gawe om sy gehoor te lees is
wat gelei het tot sy reputasie as n man wat weet hoe om musiek
te maak. Hy is ten minstse twee maande vooruit volbespreek
en met die uitreiking van Rock My Wêreld is sy aanhangers
nie teleurgestel nie aangesien dit soveel meer bied. Vir meer
inligting kontak Tiaan 082 8790577 of Nicolette 084 2064064.
Date of Birth: 5 July
Place of Birth: Port Elizabeth
Life Philosophy: Live Life
Likes: Music
Dislikes: Needles
|